Welkom op die Hasepad!

Hasepad Uitgewers maak Afrikaanse boeke beskikbaar op Amazon.com, vir aflaai na jou Kindle toe. Hoewel die pryse in dollars aangegee word, is hulle baie billik. Ons wil hê almal moet Afrikaanse boeke vir hulle Kindles (of selfone, of iPads, of vir die Kindle toep op jou PC of Mac) kan bekostig.

Wil jy gesels? Kom praat saam by ons Facebook tuiste.

Kom kuier by ons op Facebook

Gereed om deur die boeke te begin blaai? Gaan deur die menu hierbo na Skrywers en boeke of Boekwinkel.

As jy ‘n voornemende skrywer of digter is wat graag by Hasepad wil publiseer, kom loer gerus na ons Kontakvorm waar jy solank kan begin inligting aanstuur.

Versoek van Gerhard en Henning:

Ons vra mooi dat jy, liewe leser, ‘n resensie op Amazon se boekblad (waar jy die boek gekoop het) skryf as jy een van ons boeke gelees het. Ons vra nie vir lofprysinge vir die boek nie, net jou eerlike opinie. Selfs as jy een ster gee en skryf: “Hierdie boek suig die sous uit vrot volstruiseiers!” is dit nog steeds ‘n resensie en, snaaks genoeg, help dit die skrywer. Maar ek hoop regtig nie jy sal so iets skryf nie, want al ons boeke is top-gehalte.

In die kollig:

Henning van Aswegen. Skrywer-joernalis Henning van Aswegen en sy eggenote, die radiopersoonlikheid Belinda van Aswegen, soek na die saadjies van konflik en oorlog tussen Israel en die Arabiese lande wat dié klein Midde Oosterse landjie omring. Hul soektog begin sesduisend jaar voor Christus en volg die spoor van die geskiedenis tot in die jaar 2021.

“Henning is ‘n ervare joernalis wat onberispelike navorsing doen — in hierdie geval ‘n persoonlike besoek aan Israel — en dan die inligting in ‘n lekkerlees formaat aanbied. Ek het op elke bladsy iets nuuts geleer en terselfdertyd Henning en Belinda se reis saam met hulle geniet.” — Gerhard Venter

NUUT OP ONS RAKKE:

Henning en Gerhard het sopas ‘n nuwe boek vrygestel. Die twee ou korrelkoppe sit op die stoep en drink koffie terwyl hulle die stand van sake in die land (skandelik) en die wêreld (kataklismies) bespreek. So tussendeur vertel hulle liegstories (“My oom was daar, en hy het dit met sy eie oë gesien”), skinderstories (“Jy sal nie glo wat die ou kêrel aangevang het nie!”), volkstories (“Dis toe dat Oom Paul se bobbejaan hom bevlieg”) en nog baie meer. Niemand is veilig van die knorpotte se skerp tonge nie.

Nog ‘n Facebook kuierplek waar jy met Hasepad-mense kan gesels: Aanlynpublisering vir skrywers.

 


Skrywers en hulle boeke