De Bruin, Judy

Judy is in die fleur van haar lewe en ’n boorling van Port Elizabeth. Sy woon in Oos-Londen en is getroud met twee seuns. Judy se lewenspad is vol verrassings. As klein kommersiële boer het die kosgier haar gepak en bekwaam sy haarself as ’n sjef. Sy het ’n liefde vir fotografie en kuier met haar kamera wanneer die tyd dit toelaat. Sy het twee jaar gelede begin skryf. Drie kortverhale het in Huisgenoot verskyn.

Showing all 2 results