Du Plessis, Christo

Christo is ‘n gebore Suidwester (deesdae Namibië). As skaam hoërskoolseun begin hy skryf, maar swyg daaroor.
Hy het in sy skrywersloopbaan deurentyd slypskole en skryfkursusse bygewoon.
In 2007 publiseer hy sy gedigte onder die skuilnaam Zymrly op die webwerf Woes, kreatiewe platform vir Afrikaans.
Twee digbundels sien die lig: Ek onthou in kleur – 2008 en Vir vanaand sal ek net jou hand vashou – 2015.
Die nasaat van Loopdop Doep is op sosiale media gepubliseer.
Hy is ‘n ywerige fotograaf en musiek, veral sang, lê hom na aan die hart.
Christo hou van mense. Volgens hom beskik elke mens oor kwaliteit, maar elke mens het ook seer.

Showing all 2 results