Faber, Martelize

Martelize Faber is nog haar hele lewe lank ‘n plaaskind, gebore-getoë op Skietlaagte, buite Viljoenskroon. Van skooltyd af skryf en dig Martelize – koshuiskoerant, skoolkoerant, dorpskoerant en kinderkoerante. Verskeie kortverhale verskyn in bundels en presteer in kompetisies, soveel so dat ʼn vername universiteit nie anders kon as om in 2019 ʼn meestersgraad in Opvoedkunde aan haar toe te ken nie. Tans bly Martelize saam met haar gesin en twee rifrûe, Riffels en Ratel, in die Suid-Vrystraat op ʼn plaas net buite Jacobsdal.

Showing all 2 results