Van der Watt, Urte

Kinderverhaalskrywer Urte van der Watt se twee seuns is die inspirasie vir haar pragtige kinderverhale. “Ek is baie lief vir kinders en skryf kinderstories om vir elke kind te vertel hoe spesiaal hy of sy is.” Op Urte se skrywerskerfstok is die kinderboeke ‘Wie is God se gunsteling en Rooimier en Tier, twee gesamentlike digbundels, ‘n dagboek, lirieke vir ‘n Suid-Afrikaanse rolprent en lirieke vir liedjies wat deur ‘n Namibiese kunstenares gesing word. “Skryf is my redding en my hoop en my plesier – ek hoop my kinderstories maak kinderharte gelukkig.”

Showing all 6 results