Van Wyk, Julene

Julene van Wyk is ‘n gebore-getoë Namibiër wat saam met haar man en twee kinders in Walvisbaai woon. Koskook in haar kombuis saam met haar twee rakkers is haar grootste plesier. Saam-saam produseer hulle flops en meesterstukke en leer so kinders kook en bak. Haar kinders se kaskenades in die kombuis was Julene se inspirasie om Mini-Sjefs te skryf – ‘n gemaklike en bruikbare kookboek met pragtige fotos, vir kinders.

Showing all 2 results