Beskrywing
Een van die geheimsinnigste plekke op aarde is ‘n deel van die Atlantiese Oseaan bekend as die Bermuda-driehoek. Dit strek vanaf Miami in Florida na die eiland Bermuda en daarvandaan na ‘n punt ongeveer 55 grade Wes en 15 grade Noord. Hiervandaan gaan die lyn terug na Miami. Deur die jare heen het stories die rondte begin doen van eienaardighede wat in driehoek plaasvind. Skepe verdwyn spoorloos, vliegtuie raak weg op die radarskerms van die lughawens in Florida en niemand hoor of sien ooit weer iets van hulle nie.
En dit is hierdie geheimsinnige deel van ons planeet wat Vlug 473 van die Suid-Afrikaanse Lugdiens binnevlieg.
Reviews
There are no reviews yet.