Die Ruimteskip Celeste (E-boek) $2.99

$2.99

Johann Bredell

Jan Visser staar ingedagte by die venster van die vliegtuig uit. Daar ver onder die uitgestrekte Atlantiese Oseaan vaar ‘n skip met ‘n lang wit stert agter hom aan – byna soos ‘n komeet. Oor nog sowat vyftien minute behoort die vasteland van Amerika op die horison te verskyn, dink hy. Drie weke vakansie in Amerika!Jan is sewentien jaar oud en is saam met die ander tweehonderd-nege-en-veertig seuns en dogters in ‘n landswye kompetisie gekies vir hierdie toer. Hulle is almal knap skoliere in Wetenskap en Wiskunde. Die hoogtepunt van die toer is die bywoning, as spesiale gaste van NASA, van die lansering van ‘n ruimtetuig.

Description

Een van die geheimsinnigste plekke op aarde is ‘n deel van die Atlantiese Oseaan bekend as die Bermuda-driehoek. Dit strek vanaf Miami in Florida na die eiland Bermuda en daarvandaan na ‘n punt ongeveer 55 grade Wes en 15 grade Noord. Hiervandaan gaan die lyn terug na Miami. Deur die jare heen het stories die rondte begin doen van eienaardighede wat in driehoek plaasvind. Skepe verdwyn spoorloos, vliegtuie raak weg op die radarskerms van die lughawens in Florida en niemand hoor of sien ooit weer iets van hulle nie.
En dit is hierdie geheimsinnige deel van ons planeet wat Vlug 473 van die Suid-Afrikaanse Lugdiens binnevlieg.

 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Ruimteskip Celeste (E-boek) $2.99

Your email address will not be published. Required fields are marked *