Israel: Die oorsprong van die konflik (E-boek) $0.99

$0.99

Henning van Aswegen

Israel – die oorsprong van konflik, ondersoek die embrio en oorsprong van die konflik tussen die Judaïsme, Islam en die Christendom. Skrywer-joernalis Henning van Aswegen en sy eggenote, die radiopersoonlikheid Belinda van Aswegen, soek na die saadjies van konflik en oorlog tussen Israel en die Arabiese lande wat dié klein Midde Oosterse landjie omring. Hul soektog begin ses duisend jaar voor Christus en volg die spoor van die geskiedenis tot in die jaar 2021.

Total sales: 0 pcs.

Beskrywing

Reis saam met Henning & Belinda van Aswegen op ʼn pennie-omdraai pelgrimstog deur die beloofde land. Elke Christen se hartewens is om eenkeer in ʼn leeftyd die heilige land te besoek en die landmerke, koersbakens en heilige plekke waarvan ons in die Bybel lees, in kleur te sien en persoonlik te ervaar. Dit is maklik om deur Israel te reis – goedkoop omdat die infrastruktuur (busse, treine en trems), goed ontwikkel is om die land (425 km x 115 km) te deurkruis. Benewens hul pelgrimstog, ondersoek die skrywers ook die redes waarom daar agtduisend jaar nà beskawingsvestiging en tweeduisend jaar nà die aardse lewe van Jesus Christus, steeds konflik tussen die drie monoteïstiese geloofsgroepe in Israel heers. ‘Israel’ is ʼn handboek en handige roetekaart vir elke Suid-Afrikaner wat daaroor droom om die heilige land te besoek.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Israel: Die oorsprong van die konflik (E-boek) $0.99

Your email address will not be published. Required fields are marked *