Kant – ‘n Toneelstuk uit die Anglo-Boereoorlog (E-boek) $3.99

$3.99

Gerhard Venter

‘n Volk wat verdruk en vermoor word is soos ‘n stuk Belgiese kant: almal wat sterf, laat gate agter wat nooit weer gevul kan word nie. Maar, soos met ‘n stuk kant, is dit die gare rondom die gate wat die doilie so sterk maak — en wat saam met die gate die doilie so mooi maak.

Category: Tag:
Total sales: 0 pcs.

Beskrywing

Heltent

Die Kakies noem dit ‘n bell tent
Lyk vir hulle soos ‘n klok
Binne ruik dit vrot – ‘n ou rok,
gesprei oor ‘n kakiekombers
op ‘n moddervloer.

Die kinders noem dit ‘n hongertent,
stuk droë brood in die hand,
Bekertjie water om dit af te sluk.

Boetie verloor ‘n tand,
Hannie gee nie om nie
en staar met toe oë oor die land.

Die oumense glo dis ‘n tabernakel
gewy deur die bloed van lammers.
Hulle prys die Heer; hul yl stemme bewe
as hulle bid soos Oom Boet:
“Versterk ons in die dag van stryd en dra ons deur die lewe …”

Die vroue noem dit niks, en ly.
Buite kom ‘n wit kis verby.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Kant – ‘n Toneelstuk uit die Anglo-Boereoorlog (E-boek) $3.99

Your email address will not be published. Required fields are marked *