Beskrywing
Heltent
Die Kakies noem dit ‘n bell tent
Lyk vir hulle soos ‘n klok
Binne ruik dit vrot – ‘n ou rok,
gesprei oor ‘n kakiekombers
op ‘n moddervloer.
Die kinders noem dit ‘n hongertent,
stuk droë brood in die hand,
Bekertjie water om dit af te sluk.
Boetie verloor ‘n tand,
Hannie gee nie om nie
en staar met toe oë oor die land.
Die oumense dink dis ‘n tabernakel
gewy deur die bloed van lammers.
Hulle prys die Heer; hul yl stemme bewe
as hulle bid soos Oom Boet:
“Versterk ons in die dag van stryd en dra ons deur die lewe …”
Die vroue noem dit niks, en ly.
Buite kom ‘n wit kis verby.
Reviews
There are no reviews yet.