Beskrywing
Hierdie versameling gedigte is geїnspireer deur ʼn verskeidenheid mense. Mense se gewoontes, vrese, swakhede, ideale, opofferings en swaarkry. Mense wat my fassineer, irriteer en dié wat die lewe kompliseer. Alledaagse mense wat oor my pad kom en gaan, vername mense, heiliges, sondaars, gebrokenes, versteurdes, depressiewes en ook geliefdes wat ʼn spesiale plek in my hart het.
Die gedigte weerspieël my uitkyk op die lewe en diegene wat deel uitmaak daarvan. Om te skryf is vir my terapeuties en in ʼn deurmekaar wêreld help dit my om my gedagtes te orden.
Reviews
There are no reviews yet.