Wat kos dit om ‘n boek by Hasepad te publiseer?

Hasepad Uitgewers bied ʼn spesiale pakket wat die volgende insluit: teksversorging, uitleg van jou manuskrip en die omslag van jou boek. Indien jy illustrasies verlang, kan ons jou daarmee ook help. Maar omdat elke skrywer en boek ‘n unieke stel omstandighede het (bv. is die boek reeds geproeflees? Is die voorblad gereed vir publikasie? ens.) is dit nie moontlik om een prys vir ‘n publikasie-pakket te gee nie.

Amazon trek hulle druk- en verspreidingskoste af voordat hulle jou tantième uitbetaal. Hasepad het ʼn bankrekening in die VSA wat dit moontlik maak om jou tantième daar te ontvang. Ons hou 20% van die tantième terug om ons onkostes te dek, en laat die res akkumuleer totdat daar R500.00 is. Daarna word dit aan die skrywer uitbetaal. Hou in gedagte dat Amazon.com meer as 200 miljoen besoekers per dag kry. Daarom moet mens jou boeke relatief laer prys — dis beter om ʼn klomp klein bedraggies te kry as om niks te verkoop nie. Vertrou my, ek het probeer. Onthou, jy verdien dollars.

As jy enige vrae het, nooi ek jou hartlik uit om vir my ’n e-pos te stuur by henning@hasepad.com.

— Henning